Hulp met Foto's

As jy 'n foto op jou profiel sit sal die hoeveelheid reaksies wat jy ontvang dramaties vermeerder. Die inligting hieronder sal jou help om beter resultate te kry.

Foto Oplaai Vereistes

  • Jy kan JPG, JPEG, GIF, PNG, BMP, TIFF of PCX formate oplaai.
  • Dit moenie groter as 8 MB wees nie. Daar is nie beperkings op die dimensies van die foto wat jy oplaai nie. Ons kan te groot foto's outomaties verstel, maar as dit te klein is kan ons dit nie rek nie.
  • Jy mag n maksimum van 10 foto's oplaai.
  • Om 'n foto op te laai, klik op die 'Browse...' knoppie in die Foto Oplaai afdeling om jou foto te vind en kies. Klik op die 'Laai op' knoppie en dis dit!
  • Alle foto's is onderhewig aan goedkeuring deur ons ondersteuning span voordat ander dit kan sien. Foto's word gewoonlik teen die volgende werksdag goedgekeur, maar gedurende spitstye met hoŽ volumes kan dit dalk langer vat.
  • Jou Hooffoto is die hoof profiel foto wat ander sal sien wanneer hulle na jou profiel kom kyk. Dit moet 'n onlangse kop-en-skouers foto van net jouself wees. Sywaardse profiele of foto's waar daar doelbewus probeer was om jou gesig te verbloem sal nie goedgekeur word vir hoofgebruik nie.
  • As jy foto's oplaai wat ons riskant beskou sal dit net vir privaat gebruik goedgekeur word.
  • As jy aanhoudend foto's oplaai wat nie aan ons oplaai vereistes voldoen nie mag jy permanent verban word van foto's oplaai.
  • As jy aanhoudend dieselfde foto oplaai sal ons dit sien as 'n doelbewuste poging om in die Galery te verskyn sodat jou gewildheid 'n hupstoot kan kry en dit daartoe lei dat jou profiel permanent verban word uit die Galery en Kollig Profiele lys. Speel mooi en laat ander ook die kollig deel!

Die Moets en Moenies wanneer jy jou foto kies

Foto Moet's
  • Wys jou GLIMLAG! 'n Vriendelike gesig trek soveel meer aandag.
  • Jou Hooffoto moet 'n onlangse, duidelike kop en skouers foto wees.
  • Laai foto's op wat 'n verskeidenheid areas van jou lewe uitbeeld.
  • Maak seker jou foto wys met die regte kant na bo.
  • 'n Foto vertel 'n 1000 woorde - gebruik foto's wat jou op jou beste wys!
Foto Moenie's
  • Foto's van troeteldiere, kinders of lukrake onderwerpe op hul eie sal nie goedgekeur word nie.
  • Foto's van beroemdes, tekenprent karakters en kopiereg materiaal sal verwerp word.
  • Foto's wat persoonlike kontak inligting van jou bevat word nie toegelaat nie.
  • Foto's wat te klein of van swak gehalte is - te donker, te skerp, te dof, ens. - mag nie aanvaar word nie.
  • Seksueel eksplisiete, onwelvoeglike of ander materiaal wat ons as potensieŽl afstootlik vir ander mag aanskou sal verwyder word.

Privaatfoto's

Privaatfoto's is nie vir almal sigbaar nie. Jy kan dit stel om sigbaar te wees vir jou Gunstelinge of spesifieke lede uitnooi om dit te sien. Net lede met 'n subskripsie sal jou privaatfoto's kan sien.

Dit werk so:

  • Vir foto's wat jy wil hÍ almal moet sien - kies die 'Maak die foto vir almal sigbaar' opsie.
  • Vir foto's wat jy wil hÍ net deur jou Gunstelinge gesien kan word - kies die 'Maak die foto vir al my gunstelinge sigbaar' opsie.
  • Vir foto's wat jy net aan spesifieke mense wil wys - kies die 'Maak die foto slegs per uitnodiging sigbaar' opsie.
  • As jy wil hÍ dat niemand 'n spesifieke foto moet sien nie - kies die 'Versteek hierdie foto van almal' opsie.